Op 2024-11-08 vroeg die oggend is n liggaam van n man gevind by die Dumping site in Langebaan. Die oorledene het veelvuldige steek wonde gehad en is later geidetifiseer as n man wat n kar wag is in die dorp. Ons het gehoor van die voorval en ek het vir Sparks gevra om inligting te gaan inwin rakende die voorval. Later die dag het Sparks terug gekom met inligting wat kon bydra tot die oplossing van die voorval. Ek het met die SAPD kontak gemaak en n getuie na hulle geneem, wat deur Sparks aan my uitgewys is. Die polisie het n verklaring bekom en name van twee verdagtes bekom. N uitkyk vir die verdagtes se voertuig is gegee en later die middag is een verdagte en die voertuig deur die SAPD gevind. Hulle het die verdagte gearresteer en beslag gele op die voertuig. Die volgende oggend is die tweede verdagte gearresteer en die moorwapen is gevind.
Uitmuntende diens gelewer deur ons responder TA Bogatsu (Sparks)