Reaksie vir die rekords

Om die nuwe jaar af te skop met goeie terugvoering gee ons net ‘n nuwe inspuiting van inspirasie en trots om ons werk met volharding uit te voer. Welgedaan aan die Wolf Response span. Kyk wat sê ons kliënt:

Graag wil ek net die volgende onder u aandag bring en baie dankie sê vir die uitstekende diens wat ontvang is.

Op 29 Desember, 1 uur in die oggend, het Wolf se call centre my gebel oor die panic knoppie wat gedruk is. Ek het gesê ek sal uitvind by die mense wat huidiglik daar bly hoekom dit gedruk is en die persoon by die call centre het gesê hy stuur in elk geval iemand uit. Ek het vir die persoon wat daar bly ‘n boodskap gestuur en gehoor hulle het per ongeluk die knoppie gedruk maar die kar was reeds daar. Dink dit alles het onder 5 minute gebeur en wil net dankie sê vir die uitstaande diens wat ek tot dusver gekry het by Wolf en hulle responstyd is bitter goed!

Vir vlot en vinnige reaksie, word deel van die WOLF PACK in die Paarl.

2019-01-07T10:09:06+00:00January 7th, 2019|News|Comments Off on Reaksie vir die rekords