Elvis Blue and Wolf Red

Wolf is ‘n maatskappy wat betrokke is in die gemeenskappe waar ons werk. Ons wil ‘n positiewe en veilige bydra maak vir ons kliënte, werknemers, gesinne, dorpe en jeug. Dus is dit altyd lekker om by skole betrokke te wees. Laerskool Eikestad het ‘n Opelug konsert gehad op 2 Februarie waarvoor ons die sekuriteitsdiens gehandhaaf het. Laerskool Eikestad is een van ons lojale kliënte en dit is ons voorreg om hulle te kan ondersteun met ons spesialis diens – “event security”. Nog meer spesiaal is om skouers te skuur met van die talentvolste musiekante in Suid-Afrika – Elvis Blue en Bottomless Coffe Band – local is mos lekker! Die organiseerders en hoof skryf aan ons:

Ons eerste opelugkonsert met Elvis Blue en Bottomless Coffee Band as die gaskunstenaars was ’n heerlike geleentheid en boonop ook ‘n reuse sukses. Ons sou dit beslis nie kon doen sonder die ongelooflike positiewe ondersteuning van ons borge nie.
Hiermee wil ons u hartlik bedank vir die bereidwilligheid om by hierdie eerste musiekkonsert van ons betrokke te raak. Die fondse wat met die konsert gegenereer is, gaan aangewend word om die Fisiese geriewe Meesterplan van Laerskool Eikestad te help implementeer.

Event security is one of the Wolf Group’s specialities! It takes a level of expertise to pull off successful and safe large scale events. Even more so if celebrities or professionals and the media are involved. We are so proud to be associated with such entertainment and family orientated events.

If you have an event coming up and are in need of being in safe hands, give us a call.

2019-02-19T09:20:34+00:00February 19th, 2019|News|Comments Off on Elvis Blue and Wolf Red