Bloemhof se veilige matriekafskeid

Die Bloemhof Matriekafskeid het op 26 September in die Stellenbosch-stadsaal plaasgevind en die graad 11’s en hul ouers het vir iets uit ’n sprokie gesorg. Heel letterlik, want Lewis Carroll was deel van die inspirasie vir vanjaar se tema.

Sien hul nuusbrief vir asemrowende foto’s

Hierdie sprokie was deels verseker deur die fantastiese diens wat Wolf Sekuriteit gelewer het. Die organiseerders van die aand skryf:

“U getroue betrokkenheid en goedgesindheid teenoor die skool word raakgesien en opreg waardeer.”

Dis ons plesier om die jeug veilig te hou en saam met hulle hul suksesse en liefde vir die lewe te kan vier! Ons sien uit na nog vele geleenthede aan Bloemhof se sy.

2018-10-29T07:49:14+00:00September 27th, 2018|News|Comments Off on Bloemhof se veilige matriekafskeid